Ballade vir 'n vreemdeling
Wie gaan my lief hê as ek ophou sing
Wie gaan my lief hê as ek ophou sing
Dis nooit te laat nie
Nooit te laat om weer met jou te begin praat
Dis nooit te laat nie
Nooit te laat om weer te hoor hoe dit met jou gaan nie
Ek hoor jou stem in die golwevan die diep bloed see
Ek sien jou raak in die wolke en die donderweer
My berge is meer as my gebede
Jou liefde ontferm my verlede
Wat gaan ons doen, wat gaan ons doen as ons mekaar weer sien
Wat gaan ons sê, wat gaan ons sê as ons mekaar weer sien
Woorde vir 'n vreemdeling
Sal jy my vang as ek weer vir jou val
Wie gaan jou vang as ek jou weer laat val
Dis nooit te seer nie
Nooit te seer om weer met jou te begin praat nie
Dis nooit te seer nie
Nooit te seer om te onthou hoe dit was nie
Ek hoor jou stem in die golwevan die diep bloed see
Ek sien jou raak in die wolke en die donderweer
My berge is meer as my gebede
Jou liefde ontferm my verlede
Wat gaan ons doen, wat gaan ons doen as ons mekaar weer sien
Wat gaan ons sê, wat gaan ons sê as ons mekaar weer sien
Belowe my nou ons sal nooit weer opgee
Strek jou arms uit en raak my, ek wil hierdie weer probeer

Ek wil hierdie weer probeer
Ek wil hierdie weer probeer
Ons moet hierdie weer probeer
Weer probeer