We do not have a sample of this song ):

Ruan Josh's picture

Ek sukkel

(View album: Wyser)

A Major (Ionian)

number of views for this lyric  368 views

play button



40% accurate

Palms natgesweet
Man ek wens ek het geweet
Wat om van vanaand te verwag
Vleis is uitgehaal, derde bier het al geval
Almal kan maar join om te help
Ek glo mos nie daarin
Om 'n ding blind te begin
My pelle dwing my hand om te speel
Dalk val die kaarte reg
Of die dice rol alles weg
Wie nie waag nie, sal nooit kan wen nie.
En toe staan in die deur...
Ek sukkel om te praat
Ek voel hoe brand my hart
Toe jy groet met 'n hallo en loop
My oë volg om 'n kykie te koop
My mond raak ewe skielik droog
Ek hakkel toe jy vra
Waar kom jy dan vandaan
Is dit Windhoek of Pretoria
Ek eindig maar toe net met 'n ja
Ek sukkel om te praat met haar
Die sweet raak al hoe meer
Ek sal dit nie meer kan keer
My varkies het die hok nou verlaat
Hoe kon niemand vir my sê
Sy's dan als wat ek wou hê
Hoe de heng gaan ek haar kan wen
Ek skop toe weg my plakke
En draai vir Kurt nog harder
En gryp die aster styf om die lyf
As die two-step ding werk
En sy hou my hande sterk
My maat gaan die trouklokke lui
En toe trek ek haar teen my... vas
Ek sukkel om te praat
Ek voel hoe brand my hart
Toe jy groet met 'n hallo en loop
My oë volg om 'n kykie te koop
My mond raak ewe skielik droog
Ek hakkel toe jy vra
Waar kom jy dan vandaan
Is dit Windhoek of Pretoria
Ek eindig maar toe net met 'n ja
Ek sukkel om te praat met haar
Jy's die laaste deel, ek like jou klaar te veel
Soos vinkel en koljander is ons
Jy sing my melodie en ek skryf jou liriek
Jare gewag vir jou
Ek sukkel om te praat
Ek voel hoe brand my hart
Toe jy groet met 'n hallo en loop
My oë volg om 'n kykie te koop
My mond raak ewe skielik droog
Ek hakkel toe jy vra
Waar kom jy dan vandaan
Is dit Windhoek of Pretoria
Ek eindig maar toe net met 'n ja
Ek sukkel om te praat met haar

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..