Hulle sê als gebeur vir 'n rede
Hulle sê met tyd kom vrede
Maar ek weet nie so mooi nie
Ek weet nie of ek dit meer glo nie
Want soos 'n uurglas loop my tyd uit
En die vrede wil my nie vind nie
Hoekom ons hardloop ons altyd weg
Dis dan hier waar ek vir jou wil weg
Die toneel speel oor en oor
Vertel jouself wat jy moet hoor
Stadig oor die klippe tyd om oor te begin
Dis 'n tweestryd waarteen ek met myself baklei
Hoe gaan ek myself ooit kan oorreed
Ek het verdwaal in die tyd wat ek noord moes kyk
Gedink die son sal my lei maar ek brand net voort
Die vrede wat ek voel is bittersoet
Ek wil jou naam in die boom kerf waar ons groet
Hulle sê jou lyf hou telling
Soos 'n wedstryd wat jy nie kan wen nie
Maar ek sal nie opgee nie
Ek sal nie my rug op jou draai nie
Want dalk is daar nog ekstra tyd
Om hierdie monsters uit te smyt
Hoekom ons hardloop ons altyd weg
Dis dan hier waar ek vir jou wil weg
Die toneel speel oor en oor
Vertel jouself wat jy moet hoor
Stadig oor die klippe tyd om oor te begin
Dis 'n tweestryd waarteen ek met myself baklei
Hoe gaan ek myself ooit kan oorreed
Ek het verdwaal in die tyd wat ek noord moes kyk
Gedink die son sal my lei maar ek brand net voort
Die vrede wat ek voel is bittersoet
Ek wil jou naam in die boom kerf waar ons groet
Ek hardloop stadig na die einde toe
Dis waar ek hoop en bid jy wag vir my
Ek hardloop stadig na die einde toe
Dis waar ek hoop en bid jy wag vir my
Gaan ons dit hierdeur maak
Deur al die storms staan
Ons monsters verslaan
Of mekaar laat gaan
Gaan ons dit hierdeur maak
Deur al die storms staan
Ons monsters verslaan
Of mekaar laat gaan