Dis ’n hy sê sy sê situasie
Dis ’n gemors waarin ek myself nie wil plaas nie
Hou my hand vas want ek wil nie meer alleen loop nie
Hou my bors vas want ek wil nie sonder jou asem haal nie
Hoe moet ek vir die Here sê ek het verdwaal
maar ek's veilig waar ek nou is
Hoe moet ek vir die Here sê e sit kruis neer
dis tyd dat ek nou rus
Ek het geweet , ek het geweet dit gaan my breek
Ek is jammer ek't nie harder probeer
Ek het geweet ek het geweet dit gaan my breek
Dis ’n ek dra jy dra ons bagasie
Dis ’n kruispad waarbij ek nie wil stop nie
Hou my hand vas want ek wil nie meer alleen loop nie
Hou my bors vas want ek wil nie sonder jou asem haal nie
Hoe moet ek vir die Here sê ek het verdwaal
maar ek's veilig waar ek nou is
Hoe moet ek vir die Here sê e sit kruis neer
dis tyd dat ek nou rus
Ek het geweet , ek het geweet dit gaan my breek
Ek is jammer ek't nie harder probeer
Ek het geweet ek het geweet dit gaan my breek
Geseënd is die wat nou hier treur
Genade vir die hoeveelste keer
Ek is arm aan wysheid maar ryk aan rustigheid