We do not have a sample of this song ):

Christoph Kotzé (Appel)'s picture

Nonna

(View album: Patriot)



40% accurate

Nonna, Nonna
Ek sien jou net op Sondae, Sondae
Skaap tjops en patats proe snaaks sonder jou
Ek sukkel om te kou, maar ek hoop jy kom kuier weer gou
Nonna, Nonna
Soveel dinge wat ek wil vra, wil vra
Gaan jou voete dalk eendag stil kan staan
Soek jy nog na die maan, mag jou drome jou volg waar jy gaan

Nonna Nonna
Dis tyd om huis toe te kom, kom maar, kom maar
Die plaas is leeg sonder jou daar, jou daar
Ek hou 'n plekkie net vir jou my Nonna
Dis tyd om huis toe te kom

Nonna Nonna
Voor elke "maar" is 'n komma, komma
Ek moet weet: gaan jy bly of gaan jy gly?
Tot die einde van ons tyd, want jy soek altyd 'n rede om te ry

Nonna Nonna
Dis tyd om huis toe te kom, kom maar, kom maar
Die plaas is leeg sonder jou daar, jou daar
Ek hou 'n plekkie net vir jou my Nonna
Dis tyd om huis toe te kom
Nonna Nonna
Dis tyd om huis toe te kom, kom maar kom maar
Die plaas is leeg sonder jou daar, jou daar
Ek hou 'n plekkie net vir jou my Nonna
Dis tyd om huis toe te kom.

Nonna Nonna
Ek sien my lewe in jou oë, ja, o ja
Hoe ons oud word op die plaas huis se stoep
Tot die hemele ons soek
Kan jy hoor hoe ek saans na jou roep?

Get this song on
iTunes

Get this song on
Google Music

Youtube
Soundcloud
Share what this song means to you..