Lank gelede ons was sewe sonder vrees of bang vir lewe
Ons was beste vriende toe verloor ek jou
Eendag lank terug een-en-twintig sonder wysheid sonder rigting
Vind ek iets in iemand wie ek kon onthou
Luister saam die storieman van my en jou
Ek skryf die boeke hier binne my
Die sprokies is verhale oor jou en my
Ek lees dit met so baie gevoel omdat ek alles bedoel sodat jy alles verstaan
Blaai om as jy die volgende woorde hoor, ek sal jou altyd vind as ek jou verloor
Ek lees dit met so baie gevoel omdat ek alles bedoel sodat jy alles verstaan
En jy lees elke woord saam eks jou storieman
Jys een van 'n soort boek se voorwoord elke hoofstuk wat ek neertik
Van begin tot aan die einde net vir jou
Luister saam die storieman van my en jou
Jy is die rede hoekom woorde nie opraak nie
Want mens is niemand voordat iemand jou lief het nie